Paul Johnson

Paul Bede Johnson
Johnson (regs) word gelukgewens deur Norman Francis en Ruth Johnson Colvin nadat hy in 2006 die Presidensiële Medalje van Vryheid ontvang het
Gebore2 November 1928
Manchester, Engeland
Sterf12 Januarie 2023
Londen, Engeland
NasionaliteitVlag van Engeland Engeland
BeroepSkrywer, historikus

Paul Bede Johnson (2 November 1928 - 12 Januarie 2023) was 'n Engelse joernalis, geskiedkundige, toespraakskrywer, en outeur. Alhoewel hy tydens sy vroeëre loopbaan geassosieer is met linkse politieke denke was hy teen die einde van sy loopbaan as 'n konserwatiewe populêre historikus beskou.

Johnson is opgevoed aan die onafhanklike Jesuïete-skool, Stonyhurst Kollege en by Magdalen Kollege, Oxford. Hy het aanvanklik in die 1950's bekendheid verwerf as joernalis vir die New Statesman, waarvan hy later die redakteur was.

Hy was 'n produktiewe skrywer en het meer as veertig boeke geskryf en bydraes gemaak tot verskeie tydskrifte en koerante. Sy seuns sluit die joernalis Daniel Johnson, stigter van Standpoint, en die sakeman Luke Johnson, voormalige voorsitter van Channel 4, in.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne